Korrupsie op korrupsie

Asof daar ’n nimmereindigende vlaag van korrupsie voorvalle in Suid-Afrika is, kom die een na die ander geval na die finansiële oppervlaktes.

Die Public Investment Corporation (PIC), wat Afrika se grootste bronne bestuurder is, het glo geen spoor gevind van dokumente om aan te dui hoe en waarom ’n bedrag van R4 miljard belê is in die obskure oliemaatskappy wat aan die ANC en Jacob Zuma verbind word nie.

PIC het glo R3.9 miljard belê in Camac Energy, wat ’n naamsverandering na Erin Energy ondergaan het, maar waarvan weinig besonderhede bekend is van die sogenaamde oliemaatskappy.

Die maatskappy is glo tot stand gebring deur ’n Nigeriese sakeman, ene Kase Lawal wat ook verskeie ander strukture gestig het, waarvan niks bekend is nie.

PIC is glo getaak om na regerings werkers se spaargeld om te sien, maar kan nou nie bepaal waar die geld is nie.