Korrupsie ondersoek duur jare

‘n Kontrak on heinings en inligtingstelsels by gevangenisse te installeer het van R477 miljoen verhoog tot R1,5 miljard. 

Die Spesiale Ondersoek Eenheid is tans besig om die drastiese vermeerdering in koste te ondersoek aangesien tender prosedures gesystap is met die toekenning van verandering in die kontrak.

Vreemd egter dat die ondersoek reeds in September 2017 begin is en klaarblyklik eers in Junie 2019 voltooi sal wees.

SA Fence and Gate, die kontrakteurs vir die projek, het aangedui dat daar gesoek word na ‘n oplossing vir die “probleem”.