Kim hoog tevrede met wapen toetse

Noord-Korea se leier, Kim Jong-un, het sy tevredenheid uitgespreek oor die sukses van sy land se toetse met kort afstand vuurpyle wat die afgelope week uitgevoer is.

Die kommunistiese skiereiland het ’n reeks vuurpyle afgevuur wat in die Oos See neergeplof het as deel van die wapen ontwikkelingsprogram wat gevolg word.

Te midde van Saterdag se toetse, het President Donald Trump steeds die mening dat hy ’n ooreenkoms met Noord-Korea sal bereik om die land te laat afsien van sy kernwapen program.

Kenners meen egter dat Kim Jong-un nie sy suksesvolle ontwikkeling van kernwapen missiele sal staak nie, en hou die VSA besig met dialoog terwyl die toets voortgaan.