Kernwapen oorlog gevaarlik naby

Die risiko van ’n kernwapen oorlog is die hoogste ooit sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog,  sê ’n woordvoerder van die Verenigde Nasies.

Twee deskundiges op die gebied van Veiligheid het die huidige spanning tussen verskeie lande in oënskou geneem en ’n dringende beroep gedoen op wêreldleiers om die situasie meer ernstig op te neem.

Renata Dwan, die direkteur van die Verenigde Nasies se Instituut vir Ontwapening Navorsing sê alle state wat beskik oor kernwapens en gemoderniseerde programme, moet verreken dat wapen kontroles al moeiliker word weens die mededinging, veral tussen Sjina en Amerika.

Die nuwe manier van oorlogvoering het die tradisionele wapen beheer ooreenkomste minder relevant gemaak, wat die moontlikheid van ’n volskaalse oorlog bevorder.

 Met gesprekke oor ontwapening wat in die afgelope 20 jaar gevoer is, het 122 lande ’n ooreenkoms onderteken wat bepaal dat kernwapens verbied moet word vanweë die geweldige risiko wat so ’n oorlog inhou vir die mensdom.

’n Ernstige beroep op leiers om groter verantwoordelikheid aan die dag te le deur die kernwapen moondhede is derhalwe tydig.