Keiser Akihito van Japan abdikeer

Keiser Akihito van Japan het drie jaar gelede aangekondig dat hy sou verkies om te abdikeer weens gesondheidsredes om die keiserlike pligte na die kroonprins, sy oudste seun, oor te dra.

Op 30 April het die keiser die amp neergelê toe hy die seremoniële pligte, bekend as die Taiirei-Tojitsu-Kashikodokoro-Omae-no-gi, afgehandel het.

Die 85-jarige keiser is die eerste monarg van Japan wat in die afgelope twee eeue geabdikeer het, en sy vader, Hirohito, was die heerser tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Beide is hoog gerespekteerde Eerste Burgers van Japan waarna die onderdane met ontsag opgesien het vanweë hulle onberispelike optrede.