Kanker: Bayer moet miljoene betaal

Die Bayer maatskappy in Duitsland, wat onlangs die Amerikaanse maatskappy Monsanto oorgeneem het, is nou deur ’n Amerikaanse Federale Hof beveel om $2 miljard skadevergoeding te betaal.

Monsanto is die vervaardigers van die Roundup onkruiddoder wat na bewering kanker bevorder het by ’n eiser, waarna meer eise teen die vervaardigers ingedien is.

Die bedrag van $2 miljard moet betaal word aan ’n paartjie in di VSA wat as tuiniers gewerk het, en die man het gereeld met Roundup die onkruid bespuit en later kanker opgedoen.

Intussen is vasgestel dat sowat 13,400 soortgelyke gevalle waarskynlik met eise teen Monsanto kan kom.