Japanese miljardêr “het nie geld”

Yusaku Maezawa

Die Japanese modeontwerper en miljardêr, Yusaku Maezawa, het twee van sy skilderye verkoop omdat hy glo nie geld het vir die alledaagse dinge nie.

Hy het die twee skilderye op ’n veiling van die hand gesit teen pryse wat veel hoër is as wat die stukke se werklike waarde is.

Die veiling is in New York gehou waar die een skildery vir $5,6 miljoen verkoop is en die ander skildery is op ’n aanlyn veiling vir $2,4 miljoen verkoop.

Die twee skilderye se gewaardeerde waarde is glo nie meer as 45 miljoen nie, wat die spandabelrige man genoeg in die sak bring om sy weelderige lewe voort te sit.

Hy het egter sy omstanders se aandag getrek toe hy met sy spandabelrige geaardheid ’n Jean-Michel Basquiat skildery gekoop het vir $110 miljoen en ook aangemeld het as die eerste passasier van Elon Musk se reis om die maan met ’n ruimtetuig.