Japan toets super-snel trein

Die Japanese Alfa-X trein se jongste ontwerp is nou nadat dit suksesvol getoets is, nog steeds nie die wereld se heel vinnigste trein nie.

Toetse sal egter nog vir die volgende drie jaar uitgevoer word, maar die trein is geskeduleer om eers in 2030 in gebruik geneem te word.

Die trein wat sy eerste toetse ondergaan het, behaal ’n spoed van 360 km per uur, en sal waarskynlik met verdere toetse, nog ’n  aansienlik hoër spoed bereik.

Die trein wat ontwikkel is teen ’n koste van meer as $90 miljoen, sal egter nie die wêreld se vinnigste trein wees nie, afgesien van die aanpassings wat later gemaak word wat hom in staat sal stel om meer as 400 km per uur te behaal.

Intussen is verneem dat Duitsland reeds ’n trein ontwikkel en in gebruik geneem het wat 406 km per uur behaal. Die trein beskik oor ’n aandrywingsmeganisme wat 11,000 perdekrag ontwikkel.

Die wêreld se vinnigste trein is deur die Franse ontwikkel, en lewer uitstekende diens met ’n maksimum snelheid van 575 km per uur.