Japan se troonopvolger Naruhito ingehuldig

’n Dag nadat die keiser van Japan geabdikeer het is sy seun,  kroonprins Naruhito ingehuldig as opvolger, wat ook ’n nuwe era vir Japan is.

Dit is die eerste inhuldiging in meer as 200 jaar van ’n nuwe keiser wat sy vader opvolg nadat die vader geabdikeer het.

Die 59-jarige Naruhito is Woensdag tydens ’n plegtige seremonie gekroon as die nuwe troonopvolger.

Hy is ingehuldig as die 126 ste keiser van die wêreld se oudste monargie en het onderneem om die tradisies voort te sit op waardige wyse om die volk in ’n hegte eenheid saam te snoer.

Sy vader het op 85 jarige leeftyd besluit om te abdikeer weens swak gesondheid. Hy word hoog geëer vir sy meer as 30 jaar as waardige Eerste Burger van Japan.