Jacob Zuma struikel in hofsaak

Jacob Zuma

Die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, het daartoe ingestem dat van sy beskuldigings teen die hoof staatsaanklaer uit sy verklaring geskrap word omdat dit sy probleme net nog groter kan maak.

Die hoof aanklaer, Billy Downer, is deur Zuma uitgekryt as ’n leuenaar wat gedryf is deur sy sentiment om terug te keer na apartheid.

Zuma het verklaar dat die aanklaer nostalgies geraak het oor apartheid en dat hy die voormalige president haat, en daarom ’n vete het teen hom en sy hofsaak.

Met Downer se dreigement dat hy Zuma sal dagvaar oor die beskuldigings wat onregmatig is, het Zuma besluit om eerder nie sy moeilikheid nog meer te maak nie, en gesê dit kan alles verwyder word.

Die aantygings wat Zuma gemaak het, en wat as verwyder beskou kan word van sy verklaring, sal nie deur die regter in aanmerking geneem word by sy finale beslissing nie.