Iran slaan weer bollemakiesie

Ayatollah Ali Khamenei

Iran sal nie met die Verenigde State van Amerika onderhandel oor ’n nuwe kernwapen ooreenkoms nie, sê die hoofleier, Ayatollah Ali Khamenei.

Dit volg na Iran aanvanklik gesê het hy onderhandel nie met die VSA nie, en kort daarna word gerapporteer dat hulle wel met die VSA sal onderhandel as die land sy sanksies ophef.

Twee dae later word berig dat die land onder geen omstandighede met die VSA sal onderhandel nie.

President Hassan Rouhani sê egter Iran sal onderhandel indien die VSA die sanksies ophef, en met die dubbel pratery bestaan daar nou geen duidelikheid oor wat Iran wil en sal doen nie.