Hoop vir groot oorwinning vir ANC

Landbouleiers en nyweraars het nou uit vrees hulle hoop gvestig op ’n 60% steun vir die ANC sodat die party sy omstrede grondgryp program kan uitvoer en die onsekerheid kan uitskakel.

Die landbouers is erg bekommerd oor hoe die ANC president, Cyril Ramaphosa, die grondgryp program gaan deurvoer, en vrees die moontlikheid dat hulle agtergelaat kan word met ’n onekonomiese eenheid.

Ramaphosa het die kiesers van die land belowe dat grondhervorming (grondgryp) sonder vergoeding deurgevoer gaan word, ongeag wat die land se Grondwet bepaal.

Die onsekerheid is vererger met die ANC president se rekord van onwaarhede wat hy kwytraak, en wantroue oor sy moontlike optrede word allerweë ondervind.

Blankes het by herhaling hulle kommer uitgespreek oor die gevolge van die grondgryp gulsigheid wat skielik ontspring het, aangesien voedselsekerheid beslis in gedrang kom.

Indien onkundige, onopgeleide swartmense die landbou betree op plase wat voorheen hoogs produktief was, kan ’n ernstige voedseltekort verwag word.