Hongersnood bedreig Noord-Korea

Twee uit elke vyf mense in Noord-Korea is chronies sonder genoeg voedsel en nou is die rantsoene verder ingekort na 300 gram per persoon per dag.

Die voedsel tekort wat toegeskryf word aan die swak oes weens droogtes, is glo verder vererger vanweë die ernstige sanksies wat van krag bly teen die kommunistiese land.

Kenners wys daarop dat dit die minste voedsel rantsoene is wat nog toegestaan is, en die vrees bestaan dat dit later nog verder verminder kan word.

Volgens die jongste gegewens blyk dit dat sowat 10 miljoen mense nie genoeg het om te eet tot die volgende oestyd aanbreek nie.

Noord-Korea het ’n bevolking van net meer as 25 miljoen, waarvan bykans die helfte in ernstige nood verkeer terwyl die kommunistiese regime hom besig hou met kernwapen ontwikkeling wat veroorsaak dat wereldwye sanksies teen hom ingestel is.