Hongarye steun Europese nasionaliste

Viktor Orban

Die nasionalisties gesinde Eerste Minister van Hongarye, Viktor Orban, het sy Fidesz politieke party onttrek uit die Europese Volksparty wat tot hede die oorheersende struktuur was in die Europese Parlement.

Premier Orban het ook besoek gebring aan die Italiaanse Minister, Losing Fidesz, om samewerking onder die nasionaliste in die Europese Parlement te kry.

Die onttrekking van Hongarye uit die Europese Volksparty is ’n harde slag vir die “gematigdes” in die Europese Parlement, en kan beteken dat die verkiesing van ’n nuwe president nie soos aanvanklik gedink is, ’n formaliteit nie.

Manfred Weber van Duitsland is deur die gematigdes geoormerk om verkies te word as die opvolger van Jean-Claude Juncker, die huidige president van die Europese Kommissie.

Die nasionaliste, wat geëtiketteer is as die anti0immigrante vêr-regse groep, se geledere is aansienlik versterk met die aansluiting van Hongarye, wat ’n aansienlike persentasie verteenwoordigers in die Europese Parlement het.