Hongaarse premier genooi na Wit Huis

Premier Viktor Orban

President Donald Trump het ’n uitnodiging gerig tot die Hongaarse premier, Viktor Orban om ’n besoek te bring aan die Amerikaanse Wit Huis.

 Die besoek wat geskeduleer is vir 13 Mei, is bedoel om gesprek te voer oor veiligheid en onderlinge handel met mekaar.

Beide die leiers het ’n sterk teenkanting in die toelating van onwettige immigrante, en is besonder gekant teen die instroming van Moslems.

’n Woordvoerder van die Wit Huis sê die twee leiers sal ook na moontlikhede kyk om die verhouding tussen hulle verder te verdiep terwyl aspekte soos energie en beveiliging teen kuberkrakers ook bespreek sal word.

Waarnemers meen bespreking van Russiese en Sjinese bedreigings sal ook aandag kry, veral in die lig van Hongarye se herdenking van sy 20 jaar as lid van Navo.