Hommeltuie om entstof af te lewer

Die hedendaagse tegnologie kom handig te pas wanneer Afrika se onherbergsaamheid getrotseer moet word.

Honderde hommeltuie gaan gebruik word om aflewerings te doen van lewens reddende entstof, bloed en medikasie aan pasiënte te lewer of na afgeleë klinieke te stuur in Ghana.

Dit gaan die grootste projek van sy aard wees wat tot nog toe aangepak is, en sal gedurende hierdie week ten uitvoer gebring word.

Die stelsel word uitgebrei sodat medici met SMS boodskappe hul “bestellings” kan plaas waarna die besending per hommeltuig gestuur sal word.

Die hommeltuie kan daagliks met sowat 600 vlugte hul aflewerings doen om dan terug te keer na die vier verskillende basisse vanwaar hulle beheer word.

Die instansie wat dit moontlik gemaak het, sê die vlugte kan later vermeerder word na meer as 2,000 per dag, wat gesondheidsdienste in die land op ’n nuwe vlak kan stel.