Hof beslis ten gunste van Kataloniërs

Kataloniërs, wat voorheen as parlementslede van di Spaanse deelstaat was, maar nou in die tronk sit, mag egter as kandidate staan in die verkiesing vir die Europese Parlement.

Die Hooggeregshof in Spanje het ten gunste van die separatiste van die deelstaat Katalonië beslis nadat hulle geëis het om as kandidate te registreer en die Spaanse regering geweier het.

Tydens die Spaanse verkiesing van 28 April, is die separatiste Oriol Junqueras, Josep Rull, Jordi Turull en Jordi Sanchez, wat almal tronkstraf uitdien weens hulle aandeel om Katalonië onafhanklik te verklaar van Spanje, tot die Spaanse parlement verkies.

Die separatiste is nou verkiesbaar as Spanje se verteenwoordigers in di Europese Parlement, saam met die voormalige president van Katalonie, Carles Puigdemont wat nou in Belgie woon omdat hy geweier het dat die Spaanse regering hom in die tronk stop.