Hoërskool Verwoerd se naam is verander

Die welbekende Hendrik Verwoerd Hoërskool in Pretoria se naam is verander na die Rietodale Secondary School, om daarmee weg te doen met die Verwoerd naam en die Afrikaans van die skool.

Panyaza Lesufi van die kommunisties gesinde ANC het die naamsverandering goedgekeur en gesê alles waarby die naam Verwoerd betrokke is, word gewysig na iets wat deur die gemeenskap voorgestel word.

Talle kommentare is op die sosiale netwerk gevind oor die naamsverandering, waarop Panyaza Lesufi van die Gautengse Departement van Onderwys gereageer het, maar opvallend het hy op een logiese kommentaar klaarblyklik nie gereageer nie.

\”Wanneer gaan julle begin om goeie onderwys aan leerlinge te bied?”

Waarnemers wys daarop dat die skool se naam na Engels verander het om tydig voorbrand te maak vir die swart meerderheid in die skool wat Engels verkies.

Die borsbeeld op die skoolterrein sal waarskynlik ook verwyder word.