Handelsoorlog: Sjina wil weer onderhandel

Cui Tiankai

’n Woordvoerder van Sjina sê die onderhandelaars van Beijing is gereed vir die hervatting van samesprekings met Amerika oor die beeïndiging van die handelsoorlog.

Die Sjinese ambassadeur in die Verenigde State van Amerika, Cui Tiankai, het gesê gesprekke toon dat meer as die helfte van sy lede kan hul ondernemings verloor weens die handelsoorlog.

Sedert die mislukte gesprek tussen di VSA en Sjina wat op 10 Mei bajaar plaasgevind het, is geen nuwe datum geskeduleer vir hervatting van die gesprek nie.

Vroeër het President Donald Trump gesê hy sien uit na ’n handelsoorlog teen Sjina omdat hy weet die VSA sal die geveg wen.

Die VSA het aanvanklik sy waarskuwing gerig aan Sjina met die versoek dat Sjina meer goedere van Amerika moet aankoop om die handelsbalans tussen die twee lande meer ewewigtig te kry, maar Sjina het nie hulle eie onderneming in die verband gestand gedoen nie, wat uiteindelik gelei het tot die huidige situasie.