Handel: VSA-Sjina gesprekke vorder nie

Die onderhandelinge tussen Amerika en Sjina oor ’n moontlike handelsooreenkoms wil nie glad verloop nie, en President Donald Trump het gedreig met nuwe invoerheffings.

Die president het gedreig dat tariewe op sowat $200 miljard se goedere uit Sjina, met soveel as 25% invoerheffing belas kan woord.

Gerugte doen die rondte dat nog meer goedere uit Sjina swaar getref kan word wat die spanning tussen die twee moondhede drasties verhoog het.

’n Sjinese woordvoerder sê die regering oorweeg dit om hierdie week se gesprek met die VSA te kanselleer in die lig van president Trump se dreigemente, en bygevoeg dat dit onwaarskynlik is dat Sjina se vise premier na die VSA sal reis vir die geskeduleerde samesprekings.