Guaido vra hulp van VSA Pentagon

Juan Guaido

Die opposisieleier in Venezuela sê hy het die Pentagon in die Verenigde State gevra om met sy afgevaardigde te skakel met die doel om groter samewerking te kry.

Die ontmoeting kan lei tot oplossings in die geteisterde Venezuela waar politieke oplossings dringend gevind moet word.

Opposisieleier Juan Guaido wat deur Westerse lande erken word as die tussentydse president, het sterk ondersteuning gebied aan die Nasionale Vergadering van die land, ten einde druk te verhoog op die regime van president Nicolas Maduro wat slegs deur ’n paar lande erken word as die president.

Die opposisieparty van Guaido beskik oor ’n meerderheid lede in die Nasionale Vergadering, maar die Maduro owerheid het nou begin om parlementslede van die opposisieparty te arresteer as deel van ’n intimidasie veldtog.