Grootpraat politici se snert

Politieke leiers, veral uit die 47 partye wat oorheers word deur swartmense,

Het weereens vanjaar met grootpratery die verkiesingsdag ingegaan.

Die ANC se Motlanthe het beduie dat die party baie goed sal doen, en De Lill reken elke sitplek in die parlement vir haar party is ’n oorwinning en die DA sê hy gaan Sentraal Transvaal ook regeer.

Dit is maar enkele voorbeelde van hoe grootpraters op stemdag probeer om ’n beeld voor te hou asof hulle die wenners is.

Lekota is skielik erg begaan oor Afrikaans, met die stille hoop dat die blankes vir sy Cope sal stem, maar waarnemers reken dit is ’n benoude kat wat sulke benoude spronge maak.

Uiteindelik sal daar van die 48 politieke partye, maar weinig voldoende steun kry om in die parlement te kom, wat een ontleder opgemerk het dat baie ’n party stig met die hoop om self in die parlement op te daag en daarmee ’n gawe inkomste kry sonder om ’n vinger verder te verroer.