Griekse premier kondig blits verkiesing aan

Die Konserwatiewes in Griekeland het die grootste steun geniet in die afgelope verkiesing van die Europese Parlement, en daarmee die druk op die regerende party verhoog.

Dit het tot gevolg dat die Eerste Minister, Alexis Tsipras, verplig was om Maandag aan te kondig dat Griekeland ’n vervroegde algemene verkiesing hou.

Sy nederlaag teen die konserwatiewe stem is so groot dat die premier, volgens politieke waarnemers, nie ’n keuse gehad het as om ’n verkiesing aan te kondig nie.

Die Griekse regering is steeds in omstredenheid gehul oor die naamsverandering waartoe hulle ingestem het vir die noordelike buurstaat, wie se naam nou Noord-Masedonië is.

Die Griekse regering het besluit om die verkiesing wat in Oktober gehou sou word, te vervroeg, en die vermoede bestaan dat die vêr linkse Syriza party se steun so veel gedaal het dat die konserwatiewes beheer sal neem.