Franse toeris aangerand in Kaapstad

‘n Vroulike Franse toeris is in die historiese Bo-Kaap van haar besittings beroof en in die nek gesteek met ‘n skerp voorwerp. 

Toeriste is klaarblyklik maklike teikens in die gebied en is ook nie bewus van die gevare in die area nie. Toeriste word al hoe meer gewaarsku om Suid Afrika te vermy weens die groot voorkoms van geweld. 

Inkomste uit toeriste beloop jaarliks miljoene rand, maar die kraantjie is reeds half toegedraai en kan toegedra word as iets daadwerkliks aan die veiligheids situasie gedoen word nie.

Kenners wys egter daarop dat buitelandse besoekers toenemend wegskram van toere na Suid-Afrika waar 50 moorde en meer as 100 verkragtings daagliks gepleeg word.