Franse president bekommerd oor EU

President Emmanuel Macron

Die Franse president, Emmanuel Macron, se bekommernis het na vore gekom in sy toespraak voor die 27 lidlande se afgevaardigdes van die Europese Unie toe hy teen nasionalisme uitgevaar het.

Macron het die lidlande voor ’n keuse gestel van die verspreiding van die Europese Unie, of die algehele verdwyning van die Europese projek.

President Macron het met emosie die hoorders aangemoedig om gesamentlik die stryd te stry om die Europese Unie te beskerm teen die “gevaar” van nasionalisme.

Politieke meningsvormers reken egter die president behoort meer bekommerd te wees oor wat in Frankryk gaan d is met die sterk opkoms van die nasionaliste onder leiding van Marine Le Pen.

Hy het beklemtoon dat die stryd gesien moet word as een tussen Europeërs en die gevaar van nasionalisme.

Die sosialistiese president is tans ongewild in Frankryk, en ’n onlangse meningspeiling het getoon dat hy hoogstens 27% steun geniet in Frankryk.