Franse peiling: Le Pen kry die meeste steun

Marine Le Pen

Die politieke party van die nasionalis, Marine Le Pen van Frankryk, is bo aan die lys vir die grootste ondersteuning van Franse kiesers terwyl die Franse president in die tweede plek is.

Met die Europese Parlement se verkiesing op hande, toon die jongste peiling dat Marine Le Pen se ondersteuning gegroei het tot 22% wat net ’n kortkop voor Emmanuel Macron se party is.

Dit is die eerste peiling wat gedoen is in Frankryk waarin Le Pen se Front groter steun kry as die Franse president se party.

Die peiling waaraan 1,500 mense deelgeneem het, is gedoen kort nadat President Macron se aankondiging van belasting vermindering wat sowat 5 miljard euro sal beloop, in ’n poging om die Geel Hemde” te kalmeer wat naweek na naweek met massa optogte die Franse hoofstad se strate beset.