Facebook en Microsoft help Kanada

Uit die Kanadese stad Ottawa word berig dat die internet reus Facebook, en Microsoft albei aangebied het om die sekuriteit van Kanada se algemene verkiesing in Oktober, te help beskerm.

Deel van die hulp sal meebring dat fopnuus en fop rekenings op die internet summier geskrap sal word om te voorkom dat Kanadese kiesers mislei word.

Verlede maand het die vêr linkse sosialisties gesinde regering van die Eerste Minister, Justin Trudeau, gekla omdat die wereld se sosiale netwerk maatskappye nie genoeg doen om verkiesings te beskerm teen misleiding op die sosiale netwerke nie.   

Die “Wilde Weste” aanlyn kan nie verder geduld word nie, en daarom ward verwag dat die instansies hulle bydrae sal lewer sodat verkiesings op grond van werklike feite gevoer kan word, is gesê.