Europese Parlement: Verkiesingstryd begin

Die stryd om beheer te kry in die Europese Parlement het begin, maar die einde van die stryd sal in die parlement wees wanneer opponerende partye mekaar die stryd aansê.

Sowat 400 miljoen stemgeregtigde kiesers van Europese lidlande gaan eersdaags hulle stem uitbring in ’n hewige stryd tussen nasionaliste, konserwatiewes ’n sosialiste.

Duisende koerantberigte, plakkate, baniere en die sosiale media word ingespan om ’n saak te stel, ’n kandidaat se posisie te probeer verbeter, en uitsprake waarvan baie maar twyfelagtig is, is aan die orde wat sal voortwoed tot selfs na stemdag.

Vanaf 23 Mei tot 26 Mei sal kiesers in al die lidlande hul keuse maak oor wie almal die 751 sitplekke in die Europese Parlement gaan beset.

Dit is nog onseker of die Verenigde Koninkryk wat binnekort wil uittree as lid van die EU, gaan deelneem aan die stemming, en indien wel, is die kans goed dat Brexit nie sal realiseer nie.