EU parlement met 41 politieke partye

Met ’n totaal van 41 politieke partye waaruit 400 miljoen kiesers hulle keuse moet maak in die komende verkiesing van lede vir die Europese Parlement, sal die uiteinde ’n stryd tussen nasionaliste en liberale verteenwoordigers wees.

Die verkiesing wat oor drie dae strek, neem in aanvang op 23 Mei, en die slagordes word nou opgestel vir die geveg wat eers na die verkiesing sy hoogtes sal bereik.

Vyf jaar gelede se verkiesing het slegs 25 partye mekaar die stryd aangesê, maar intussen het die partye die een na die ander tot stand gekom en amptelik geregistreer vir die Europese Parlement se verkiesing.

Die lidlande het almal ’n ernstige interne verdeeldheid wat gelei het tot al meer politieke partye wat na vore gekom het om aan die stryd deel te neem.

In Duitsland sal die Christen Demokrate Unie van Kanselier Merkel weer probeer om so sterk verteenwoordiging as moontlik in die parlement te kry ten einde die dominerende rol van voorheen te hervat saam met die sosialiste van president Emmanuel Macron van Frankryk.