Eskom kortwiek Ramaphosa planne

Die drome van die ANC se president le teen hierdie tyd aan skerwe weens die enorme tarief verhogings waarmee Eskom die munisipaliteite nou gaan belas.

Groot instansies sê hulle is moeg vir Eskom se roekelose tarief aanpassings, en sommige industriële nywerhede het reeds hulle goed opgepak en die land verlaat.

Nywerhede wat weens die vervaardiging van sekere goedere afhanklik is van elektrisiteit wat in grootmaat benodig word, soos die aluminium bdryf, het reeds die land verlaat ’n verskuif na die Verre Ooste waar kragvoorsiening stabiel is en die tariewe veel goedkoper is.

Anglo Platinum en Sibanye-Stillwater, is twee hoë profiel nywerhede wat reeds begin het met ondersoeke oor hoe om hulle eie elektrisiteit op te wek ten einde weg te kom van Eskom se onvoorspelbaarheid met krag lewering en tarief aanpassings.

Intussen het talle kleiner sakeondernemings begin om met sonkrag en bystand kragopwekkers selfvoorsienend geraak en in verskeie gevalle selfs hulle Eskom verbinding laat afsny.

Potensiële nyweraars en sakeondernemings wat na Suid-Afrika wou kom, het kopsku geraak en na ander lande vertrek waar stabiliteit en sekerheid bestaan.