Eskom baljaar met tarief verhoging

Die algemene verkiesing is verby, en nou is die eise van Eskom sodanig dat verbruikers die en skok na die ander gaan kry met elektrisiteit tarief verhogings.

Munisipaliteite regoor die land gaan nou ’n 15,63% tarief aanpassing van Eskom kry nadat Nersa dit glo goedgekeur het.

Die burgemeester van Johannesburg het in reaksie op die berig gesê die Energie Reguleerder van SA (Nersa) het met die verhoging, die Eskom kragvoorsiener ’n deeglike vergoeding gegee vir sy korrupsie.

Waarnemers wys daarop dat Nersa aanvanklik die Eskom tariewe verhoog het met 9,4%, 8,1% en 5,2% vir die volgende drie jaar, wat aansienlik minder is as wat Eskom gevra het.

Met die nuwe toedeling word die kiesers van Suid-Afrika gerieflik met ’n slenter van oneerlikheid getref, word gesê.