Ebola virus slaan Kongo

Die Verenigde Nasies se afdeling, Wereld Gesondheid Organisasie, het pas bekendgemaak dat meer as 1,000 mense reeds omgekom het in die Kongo wens Ebola besmetting.

Die virus wat nege maande gelede die eerste slagoffers in die Demokratiese Republiek van die Kongo geëis het, het intussen versprei te midde van pogings om dit te verhoed.

Aanvanklik is gehoop dat die nuwe Merck entstof sou keer dat soveel sterftes voor kom, sê Dr. Michael Ryan, direkteur van die Gesondheid Organisasie in Geneve dat die verspreiding ’n teleurstellende gebeurtenis is.

’n Doeltreffende entstof, wat deur Johnson & Johnson vervaardig word, is reeds in die Kongo aangewend, maar kenners wys daarop dat baie inwoners weier om ingeënt te word, terwyl ander in afgeleë plekke moeilik bereik word.