Durban munisipaliteit skuldig

Inwoners van Durban sê die stad se munisipaliteit het deur nalatigheid hulle skuldig gemaak aan ’n ernstige oortreding deur nie die noodsaaklikheid van instandhouding na te kom nie.

Die stad s kusgebied en sommige strate word besoedel met rou riool omdat vier van sy pompe stukkend staan omdat hulle nooit nagegaan en gediens is nie.

Die munisipale werkers het volgens inwoners, hulle nie gesteur aan die feit dat die pompe nie werk nie, met die gevolg dat groot dele van die seegebied met rou riool besoedel is.

’n Munisipale woordvoerder sê dit sal vier dae neem om die stukkende toerusting herstel te kry, wat meebring dat die besoedeling gaan toeneem.

Geen reaksie is ontvang op die bewering dat die werkers reeds planne kon maak toe die eerste installasie breekskade kry, en daarna moes elkeen van die vier installasies aandag gekry het.