Durban chaos brei uit

Dit het gelyk asof die DA die Durbanse strate ingevaar het toe duisende stakende munisipale werkers met hulle blou oorpakke buite die Durbanse stadsaal vergader het in protes rondom onbillike bevordering. 

Die polisie het verhoed dat vullis trokke weer die stad binnekom en vullis in die strate stort.

Waarnemers sê die staking is besig om Durban in algehele chaos te dompel, en met die verkiesing op hande lyk dit nie goed vir die ANC nie.

Die vorige paar dae het die stakers met die afval verwyderings vragmotors in die strate van Durban hulle gemors afgelaai, wat tot algehele ontwrigting gelei het.