Durban burgemeester aangekla van korrupsie

Zandile Gumede

Die omstrede burgemeester van Durban, Zandile Gumede, is gedagvaar om in die hof te verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

Sy het in die Durbanse Kriminele Handelshof verskyn, maar die uitkoms van die verhoor sal eers later bekendgemaak word.

Vervolging is ingestel deur die Direktoraat vir Hoof Kriminele Ondersoeke, en die aangeklaagde is verwittig dat sy by ’n tweede hofsitting gevra sal word om te pleit.

Een van die beskuldigings is dat sy betrokke is by ’n R208 miljoen tender waarby die Durban Solid Waste departement ook betrek is.

Verskeie ander beamptes van die munisipaliteit word ook beskuldig daarvan dat hulle deel van die bepaalde tender se bedrog is, en het ook reeds in die hof verskyn.