Duisende Skotte in optog vra vryheid

As ’n eerste massa vertoning sedert die Skotse Eerste Minister, Nicola Sturgeon aangekondig het dat sy gereedmaak vir ’n Skotse referendum oor onafhanklikheid, het derduisende ondersteuners in Glasgow saamgedrom.

Die optog word as twee keer so groot as verlede jaar se vertoning geag, en meningsvormers sê peilings toon dat die steun groei omdat hulle pro-EU lidmaatskap is.

Saterdag was gekenmerk deur die karnaval atmosfeer van Skotse kiesers wat met slagspreuke van “Onafhanklikheid Nou” in die strate van die stad weergalm het.

Nagenoeg 75,000 mense het die Saterdag optog meegemaak terwyl die opposisieparty ’n konferensie aangebied het waartydens hulle beplan het om teen so ’n referendum beswaar te maak in die Skotse parlement.