Duisende masels pasiënte in Europa

Die Verenigde Nasies se afdeling Wêreld Gesondheid Organisasie het bekendgemaak dat meer as 34,000 mense regoor Europa masels opgedoen het.

Die siekte toestand het op die pasiënte toegeslaan in die afgelope twee maande, en owerhede is besig om maatreëls te tref om soortgelyke aanvalle te voorkom in die toekoms.

In Duitsland het die regering besluit om ouers te beboet as hulle kinders nie betyds ingeënt is teen die siekte wat ernstige gevolge kan inhou vir pasiënte.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie sê die skerp toename in gevalle word toegeskryf aan die nalatigheid van ouers om nie hulle kinders te immuniseer nie.

Die erns van masels word nie besef nie, en in die twee maande is 13 mense dood van masels regoor die wereld, wat ’n skerp toename is teenoor verlede jaar.