Drie ANC lede nie ingehuldig

Anders as die visepresident, David Mabuza, wat om uitstel gevra het vir inhuldiging as parlementslid, het nog drie ANC lede hulle name verwyder van die lys wat gister ingehuldig is.

Die voormalige speaker, Baleka Mbete en die voormalige Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het hulle name verwyder van die ANC se lys, en is nie beskikbaar om as parlementslede te dien nie.

Nomvula Mokonyane, die Minister van Omgewingsake het ook aangekondig dat sy “weens familie aangeleenthede” nie langer beskikbaar is nie. Sy was ook vroeër daarvan beskuldig dat sy deel van die Bosasa skandaal is.

Die drie is tot nou toe die enigste ANC lede wat hulle name laat verwyder het van die lys, en nou word David Mabuza dopgehou om te sien of het ook finaal gaan onttrek.

Die ANC het hewige kritiek gekry oor persone wat op die naamlys verskyn, terwyl hulle direk of indirek betrokke is by beweerde Staatskaping en korrupsie.