Donker wolke bedreig wêreldvrede

Mohammad Javad Zarif

Die Verenigde State van Amerika se hoof van Sentrale Bevel, Generaal Kenneth McKenzie, het die naweek gesê die nodige ontplooiing van bronne sal gereed wees om enige gevaarlike optrede van Iran uit te skakel.

Intussen het Iran besoek gebring aan noord-Korea en onbevestigde berigte lui dat Iran ’n sterk bydrae wil lewer om te verseker dat Noord-Korea nie sy kernwapen program opskort na samesprekings met Amerika nie.

Met Kim Jong-un van Noord-Korea pas terug van Rusland, waar samesprekings gevoer is met President Vladimir Poetin, wil dit lyk of die lande gereedmaak vir konflik met die VSA.

Kenners wys daarop dat die eerste moontlike stap is dat Rusland en Sjina die internasionale sanksies teen Noord-Korea gaan ignoreer, veral in die lig van die VSA se sanksies wat ingestel is teen Rusland en Iran.

Iran se Minister van Buitelandse Sake, Mohammad Javad Zarif, het die afgelope naweek gesê hy beplan om ’n besoek te bring aan Noord-Korea.