Dit is nie vry en regverdig

Met die talle berigte van verkiesingsbedrog, is dit ’n uitgemaakte saak dat die 2019 verkiesing beslis nie vry en regverdig verklaar kan word nie.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder in Pretoria nadat berigte van ongerymdhede in die pers verskyn het.

’n Parlementslid van Cope, Deidre Carter sê sy kon binne een uur, vyf ker gaan stem het, en op die sosiale netwerk het verskeie mense gesê hulle kon net na hulle gestem het, die ink van hulle vinger afvee.

In talle stemlokale was glo geen ink beskikbaar nie, en daar is ook gevalle aangemeld van mense wat betrap is dat hulle meer as een keer gestem het.

Dit kan nie as vry en regverdig beskou word as verkiesings so gehou word nie, veral as ’n kieser met stembrief houers in die straat af stap sonder enige iemand saam met hom, wat die vraag laat ontstaan hoeveel van die stembriewe daarin verwyder is.

Omdat dit slegs enkele gevalle is wat bekend is, bestaan die moontlikheid dat duisende soortgelyke gevalle plaasgevind het sonder dat iemand dit waargeneem het – en dan is dit ’n gekronkelde verkiesing!