Die Zuma komplot onafgehandel

Jacob Zuma

Asof Jacob Zuma nie genoeg skade aan Suid-Afrika berokken het in die tyd toe hy regeerder was nie, is sy rol as konkelaar nog lank nie uitgespeel nie.

Dit is is die siening van ’n politieke ontleder wat verkies om anoniem te bly, maar wat ’n studie gemaak het van Zuma se politieke koers.

In die jongste vrystelling van sy ondersoek word aangedui dat Jacob Zuma die ANC gebruik om in die parlement te kom en daarmee sy “aansien” onder kiesers te herstel.

Maat intussen het hy, saam met sy mede-konkelaar, Ace Magashule, geheime vergaderings gehou waarin die stigting van ’n nuwe politieke party beplan is.

Met Magashule in ’n sleutel posisie by die ANC, en Zuma saam met ’n aantal ander ANC parlementslede, kan die beoogde “African Transformation Movement” met ’n stewige klomp parlementslede wegbreek uit die ANC.