Die “wil net hê” mentaliteit

Die weldoeners, Gift of the Givers, het op versoek van die Grahamstad munisipaliteit betrokke geraak om die dorp se inwoners by te staan in die water krisis wat ontstaan het.

Nou het die organisasie aangekondig dat hy onttrek weens die swak optrede van die munisipaliteit, nadat hulle miljoene Rand se koste aangegaan het om die dorp van water te voorsien.

’n Groot aantal boorgate is gesink, pompe en pype aangelê om te verseker dat die inwoners skoon water sal kry.

Toe word Gift of the Givers met ’n skok wakker dat ander instansies betaal word vir wat hulle doen, maar die goeie werk wat hulle gelewer word, is deur die Raad beskou as ’n geskenk.

Gift of the Givers het in ’n verklaring gesê die organisasie verlaat die gebied as ’n saak van beginsel om nie weer daarheen terug te keer nie.

Gift of the Givers het ’n kwotasie van R23 miljoen ingehandig vir wat hulle beoog het om te doen sodat die dorp weer skoon water sal hê nadat die opgaardam leeg geraak het weens die droogte.

Min het hulle besef dat die Raad wel die werk aanvaar het, word daar geen betaling gemaak nie omdat hulle glo dit is ’n gratis diens wat gelewer is.