Die verhaal van twee vlae

Hierdie verhaal begin in die sewentiende- en agtiende eeue, maar speel hoofsaaklik uit gedurende die negentiende- en twintigste eeue; dit is die verhaal van botsende volke met botsende waardes.

Een volk ontwikkel en groei ter plaatse en onder die variërings van die Prinsevlag bou ons etlike Republieke, met stabiele regerings, geskoei op Christen-Protestantse waardes en ’n Calvinistiese lewensbeskouing wat fokus op opbou, ontwikkel en ontsluiting van nuwe horisonne.

By uitstek sou die twintigste eeu ontwikkelings inlui vir elke volk van Suid-Afrika, weliswaar op grondslag van eie verantwoordelikheid, eie werksaamheid en eie voordeel binne eie grense.

Selfs voor 1928 word reuse spronge op veral maatskaplik-ekonomiese gebied gemaak, nieteenstaande die verwoeste erflating van 1902, aktiewe anti-Afrikaner diskriminasie en politieke onwilligheid om volksvryheid na te streef.

Na 1924 versnel daardie selfde pioniersgees van die 1830’s Suid-Afrika se ontwikkeling as nywerheidsreus in Afrika, onder nasionalisties-gesinde regerings.

In Suid-Afrika bereik ekonomiese groei hoogtepunte in die 1950’s en vroeë 1960’s, terwyl ander begunstigdes van Europese de-kolonisering grootliks uit die staanspoor misluk.

Teen wêreldwye haat en afguns bloei SA se groei – selfs téén ekonomiese sabotasie en bandelose ANC-SAKP geweld stu nuwe ontwikkeling voort op die nywerheids-suksesse deur nuwe tegnologieë te ontwikkel.

Wêreld-eerstes word behaal; ander wêreld-eerstes word ewenaar in velde so uiteenlopend as onderrig, mediese sorg en wapentuig, velde so gevorderd soos kern tegnologie.

Volkskas, Santam, YSKOR, ESKOM, SA Spoorweë, SA Pos- & Telekommunikasie, SA Lugdiens, SAW, Krygkor, WNNR, AEK …

Talle wêreldklas universiteite (in meeste inheemse tale), skole in elke dorp en stad, biblioteke, gallerye, museums en monumente …

Onder ons Oranje-Blanje-Blou bereik Suid-Afrika eerste-wêreld status as land vir élkeen van sy inwoners wat bereid is om na ’n beter toekoms te werk!

Onder hierdie vlag sterf soldate in verdediging van SA, SWA en ál die inwoners teen kommunistiese tirannie, wat (net op die sub-kontinent) Rhodesië, Mosambiek en Angola verwoes.

Soldate oor volks-grense heen maak hierdie opoffering; plaaslik word polisie en burgerlikes die teikens van kommunistiese insurgente, wie se offers ook onder hierdie vlag in herinnering geroep moet word.

Bloed gestort onder ons vlag is telkens in verdediging van ons land, ons huise, ons waardes.

Gedurende die dekades na 1960 begin die tweede vlag se bloedspoor-verhaal, goed 30-plus jare voor die tweede vlag die lig sou aanskou;

die verhaal is een van haat en afguns, aangevuur deur kommunistiese magslus;

en gedurende die periode 1976-1994 sou die aanstigters van geweld toenemend fokus op die mees werkloses in ons samelewing.

Tragies kom die twee verhale saam en in minder as 5-jaar struikel Suid-Afrika van ’n bloedlose staatsgreep (1989), deur ontbanning van die kommunisme (1990) en wegmaai van die veiligheidsmagte (1992) tot volksverraad (1994) deur politici.

Onder die nuwe vlag word meer as drie eeue van ontwikkeling geplunder en in skaars 25 jaar omskep die ANC-eenparty staat ʼn eens eerste-wêreld staat tot ’n sosialistiese put wat sy mense en hul toekoms verwoes.

Hierdie vlag drup van tienduisende weerlose mense se bloed – bloed gestort in wellus en geweld …

In plek van wêreld-eerste’s, is die “nuwe SA” korrup, ’n rampokker-staat in die volste sin van die woord;

in plek van ontwikkelings-ruimte vir alle volke, word SA die mees rassistiese staat in die wêreldgeskiedenis;

in plek van hospitale waar eens die wêreld se eerste hartoorplanting gedoen was, is disfunksionele vullis-putte waar siekes in haglike omstandighede sterf;

in plek van biblioteke en galerye word boeke en kunswerke verbrand;

skole en universiteite word óf afgebrand, óf geplunder tot in ondergang; erger is dat waar skole nog funksioneer word 30%-slaagsyfers gevier!

Van industriële reus met eersteklas infrastruktuur, het die ruggraat-staatsondernemings verval tot bankrot instansies onder ANC-transformasie.

Dat die ekonomie na 25 jare van ANC plundering nog enigsins funksioneer is sekerlik die mees tasbare getuigskrif van wat onder die vaandel van die 1928-vlag bereik is – die meeste Afrika-state het in minder as een dekade na “vryheid” misluk.

En daardie stil-dawerende aanklag moet nou stil gemaak word.