Die Staatskapers is terug

Ramaphosa en Zuma

Verskeie lede van die ANC wat verbind word aan die Staatskaping is terug in die parlement, nadat vasgestel is dat hulle op die lys van parlementslede is wat die regerende ANC regime opgestel het.

Malusi Gigaba en ’n hele aantal ander wat na bewering direk betrokke was by Staatskaping, is op die regime se lys van parlementslede.

Die ANC Veterane Liga het sy teleurstelling uitgespreek met die insluiting van sulke kandidate wat as nasionale en provinsiale verteenwoordigers sal dien te midde van hulle betrokkenheid by ’n ernstige misdaad soos Staatskaping.

Die ANC se naamlys bevat name soos  omvula Mokonyane, Bathabile Dlamini, Malusi Gigaba en Mosebenzi Zwane wat as parlementslede kan dien terwyl hulle na bewering deel van die korrupsie skandaal is.

Meningsvormers sê die insluiting van staatskapers in die regering van die land sal ’n teken wees van Zuma se houvas en Ramaphosa se onvermoë om oneerlike mense weg te hou van landsregering.