Die leë beloftes

Terwyl ’n sekere deel van die blankes byna waansinnig skarrel om deel van die Ruwe Suid-Afrika se verkiesing te wees, is daar ’n reeks beloftes wat deur tientalle politieke leiers gemaak word.

Die gene wat egter nugter dink oor die toestand in die land, sien korrupsie en Staatskaping, wat so hoog opgegee word, as ’n kleiner deel van die totale probleem in die land.

Met 50 moorde gemiddeld per dag, sowat 110 verkragtings elke 24 uur, tientalle voertuig kapings elke dag, haas ontelbare aantal inbrake, en swak gesondheidsdienste, onopgeleide polisiebeamptes en nog veel meer ander tekortkominge, is opvallend genoeg, nie die Ramaphosa kwellings nie, want weinig hiervan is ooit in sy redes aangespreek voor die massas.

Dit laat regdenkende mense tereg vra waarom sal daar moeite gedoen word om teen die ANC ’n kruisie te gaan trek, wel wetende dat dit geen verskil sal maak watter van die partye aan bewind gestel sou word nie.

Die kanse dat die pieperige DA, of die arrogante Malema-groep sal regeer, word hoogstens moontlik as hulle ’n koalisie sou kon vorm.

Sal dit enige voordeel inhou vir die blanke wat die burgerlike reg ontsê word om ’n pos in die staatsdiens te beklee, of dat sy grond hom nie ontneem gaan word soos wat Mugabe gedoen het nie?

Dit is hierdie sake, wat maar ’n klein deel van die groot klomp verkeerde dinge is wat regdenkende kiesers tuis laat bly om maar seker te maak dat hy vir sy huisgesin kan beveilig en versorg.