Die geskiedenis herhaal homself

Kalie Kriel

Jare gelede het TLU SA en  Afriforum, die kommunistiese Julius  Malema hof toe gesleep om hom te muilband oor sy uitlatings Kill the Boer

Na die hofsaak “gewen” is, onttrek Afriforum hulle voordat daar ‘n beperking op Malema geplaas kon word.

Ek onthou hoe Kallie Kriel  vir adv. Roelof du Plessis voor die bors gegryp het. Nou gebeur dieselfde weer. 

Die ver linkse Afriforum staan die Nelson Mandela stigting se aansoek teen rondom die vertoning van die ou Landsvlag, maar Ernst Roets versoek lede van Afriforum om nie die ou Landsvlag te vertoon nie.  Willie Spies sê in ‘n TV onderhoud dat die vlag slegs  in “beperkte ruimtes hoort.  Hoekom dan hof toe gaan menere?

Waar staan Solidariteit en Afriforum as dit kom by die beskerming van die Boere Afrikaner se regte.?  Een van Solidariteit se “leuses” is :  “Ons glo in billike regstellende aksie. Hoe kan dit?  Beide die twee bewegings se lidmaatskap is oop vir enige persoon. Dus sal nie een ooit openlik veg vir die Boere Afrikaner se selfbeskikking nie want wat  van sy lede wat nie Boere Afrikaners is nie?

Soos daar in die Tweede Vryheidsoorlog joiners en hanskakies was , so is dit vandag nog.

Siener Botha