“Die DA het ons mislei”

Kiesers wat besluit het om nooit weer vir die DA te stem nie, kom veral uit die blanke gemeenskappe nadat die party se leier gesê het daar bestaan nie so iets soos blanke armoede nie.

Die DA het talle stemme afgestaan aan die VF Plus wat ’n dramatiese styging in ondersteuning geniet het en sy basis verdubbel het.

Kiesers het aan Die Vryburger gesê hulle was nog altyd dur die DA mislei, en sal nie weer steun aan die party gee nie.

Die DA se grootpratery van hoe ander provinsies oorgeneem gaan word, het niks opgelewer nie, en het ook steun in die Wes-Kaap verloor ten koste van De Lill se weerwraak party wat ook nie veel kon uitrig nie.

Politieke ontleders is dit egter eens dat die politieke platform onverander gebly het met die ANC wat wel ook baie steun verloor het, maar steeds die septer swaai waarin korrupsie en wanbestuur sal voortduur, se die ontleders.

“Die DA se misleiding kos hulle een miljoen kiesers se kruisies”, het een kieser glimlaggend gesê.