DA leier roep swart, wit en bruin

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane het sy verkiesings toer afgesluit in die Wes Kaap met die oproep dat wit, swart, bruin en Indiërs saam kan werk ongeag hul religie . Dit maak ook nie saak watter god hul aanbid nie,  almal staan saam as Suid Afrikaners .

Hy het sy toespraak afgesluit met ‘n gebalde vuis en die woorde “Amandla! Awethu”!  Mag aan die mense!  Dit was en is die slagspreuk van die ANC tydens die stryd jare teen die Blankes.

Boere-Afrikaners het die oproep met ’n wrang glimlag verwerp en gesê dit het geen doel om DA te stem nie – volksvryheid is die enigste rigting wat aanvaarbaar sal wees.

Intussen is vasgestel dat daar spanning in die DA van Johannesburg is waar die burgemeester, Herman Mashaba, gedreig het om te bedank sou die DA ‘n koalisie met die ANC sluit.  Dit blyk egter dat die EFF wel aanvaarbaar is vir hom as koalisie vennoot