Cosatu: Sny kabinet tot 26 lede

Cyril Ramaphosa

Die vakbond Cosatu verwag van die ANC president, Cyril Ramaphosa, dat hy die kabinet van 73 lede moet verminder na 26 lede.

Hulle verag ook dat hoogstens ses adjunkministers daarby gevoeg word, wat ’n totaal van 32 kabinetslede sal beteken.

Waarnemers wys daarop dat die aanwys van ’n nuwe kabinet deur internasionale beleggers met groot erns en verwagtinge afgewag word.

Die dramatiese vermindering in die kabinet, wat een van Ramaphosa se groot verkiesingsbeloftes is, gaan ernstige verdeeldheid meebring in ANC geledere. Eerskomend Saterdag word die ANC se president ingehuldig wanneer ’n uitspattige geleentheid in die Loftus Stadion gehou word waar sowat 45,000 ANC ondersteuners verwag word.

Gradering Agentskappe hou die gebeure met valkoë dop om te sien of die ANC werklik erns het om die land uit sy rommel status te regeer.