Columbië waarsku Venezuelan oor grens

President Ivan Duque

Uit Bogota, die hoofstad van Columbië, word berig dat die land se staatshoof, President Ivan Duque, die regime van Venezuela gewaarsku het dat die grens tussen die twee lande nie deur rebellegroepe beheer moet word nie.

President Duque het gesê dokumente is beskikbaar wat bewys dat die Maduro-regime wapens aan die linkse rebellegroepe gee om onrus in Columbië aan te wakker.

Die president het die waarskuwende woorde gerig tot Venezuela tydens die besoek van die VSA se Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo.

Die dokumente wat deur ’n koerant gepubliseer is, toon ondermeer dat dit deur militêre offisiere van Venezuela onderteken is.

Die Maduro-regime het in reaksie gesê die rebellegroep, bekend as die National Liberation Army is Venezuela se vennote.

Vroeër is Maduro daarvan beskuldig dat hy ook besig is om terroriste bewegings te steun, en derhalwe as ’n vyand van Westerse lande is.